Skip to content

Step 1 of 3

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Uitstaller Aansoek

Fooie

Daar is nie ’n registrasiefooi vir die gekeurde uitstallers nie. Ons werk op ’n kommissiebasis op produkte wat verkoop word.

  • 30% kommissie sal van jou bruto verkoopbedrag afgetrek word.
  • 20% kommissie vir alle vars voedselprodukte.

Bankkoste, personeel en alle ander uitgawes om die mark aan te bied, sal uit die kommissiepersentasie betaal word.

Jy moet dus jou produkte prys sodat die 30% of 20% reeds ingesluit is. Geen produkpryse mag verhoog of verlaag word na die keuringsdag of tydens die mark nie. Rond asseblief jou pryse af na die naaste R1.

Weens oorweldigende belangstelling het ons nou ’n aanlyn verkoper-aansoekvorm om aansoek te doen om by die mark uit te stal. ’n Keuringspaneel is aangestel vir die keuring van produkte. Die besluite van die paneel is finaal.

Die aansoekproses is soos volg:

  1. Voltooi die Verkoper-aansoekvorm op die webwerf – www.teaterkersmark.co.za – en laai minstens 6 goeie kwaliteit foto’s van jou produkte en tafeluitleg op.
  2. Jou aansoek sal hersien word en, indien nodig, kan ’n verkoper versoek word om bykomende inligting en foto’s te stuur. Hier sal ons fokus op die verpakking, kwaliteit en vertoon van jou produkte.
  3. Sodra aansoeke sluit, sal die keuringsproses begin en verkopers sal nie later nie as 15 September 2025 in kennis gestel word indien hul aansoek suksesvol was.

Kriteria vir keuring wat oorweeg sal word:

  • Handgemaakte, Suid-Afrikaanse produkte sal voorkeur geniet.
  • Vertoon van produkte.
  • Kwaliteit van produkte.
  • Bekostigbaarheid van produkte.

Tydskedule

  • 5 September – Spertyd vir aansoeke.
  • 15 September – Kennisgewing van wie gekeur is.
  • 3 Desember – 10:00–16:00: Foyer oop vir uitpak.
  • 3 Desember – Mark open om 17:00 vir die groot opening.
  • 9 Desember – Mark sluit om 19:00.
  • 10 Desember – 10:00–16:00: Inpak en verwydering van alle uitstallings en produkte.
  • 18 Desember – Laaste datum vir elektroniese betaling aan uitstallers.

Voorwaardes

  • Jy moet genoeg voorraad hê vir die hele duur van die mark.
  • Slegs gekeurde items mag uitgestal word, d.w.s. wat die komitee op jou produklys gekies het.
  • Alle voedsel moet die volgende bevat: vervaldatum, bestanddele, belangrike stoorinligting (bv. op ’n rak of in ’n yskas, voor of na oopmaak), en die adres waar die produkte vervaardig word. Verkopers met voedselstalletjies is verantwoordelik vir die skoonmaak en hervul van hul proe-bakkies.
  • Verkopers van juweliersware (silwer en goud) moet daagliks teenwoordig wees.
  • Fairtree Atterbury Teater, die koördineerders en komitee tree slegs op as fasiliteerders tydens die mark en is nie verantwoordelik vir enige belastingnakoming of -verpligtinge van uitstallers nie.
  • Die koördineerders en komitee is nie verantwoordelik vir enige verliese wat ’n verkoper vir die duur van die mark mag ly nie.

Sekuriteitsmaatreëls word tydens die mark toegepas. Toegang word te alle tye beheer. Verskeie videokameras word vir monitering gebruik.

Baie dankie by voorbaat vir jou samewerking in hierdie verband. Die veiligheid en sekuriteit van ons uitstallers en hul uitstallings is vir ons baie belangrik; daarom sal geen uitsonderings gemaak word nie. Voorsorgmaatreëls teen skade of verlies sal deur die organiserende komitee sover moontlik getref word. Fairtree Atterbury Teater is egter nie verantwoordelik vir enige skade of verlies wat gely word nie.